Marlene van Niekerk

Marlene van Niekerk se roman vertel oënskynlik die lewensverhaal van ‘n sterwende vrou en haar komplekse verhouding met haar huisbediende / pleegkind / versorgster. Maar eintlik is dit ook ‘n geskiedenis van die Afrikaner en sy verlies van mag.

Hermann Giliomee

Hermann Giliomee het Die Afrikaners: ’n Biografie – die storie van die Afrikaner se oorlewingstryd van die kolonisasietyd tot en met die een-en-twintigste eeu – eers in Engels geskryf as The Afrikaners – Biography of a people (2003). Dit het ‘n blitsverkoper geword en hy het dit self tot ‘n Afrikaanse weergawe verwerk wat groot lof ingeoes het. 

Bronwen Findlay

Findlay geniet die verrassing om goed saam te voeg wat nie gewoonlik saam gesien word nie. Haar versameling word in haar huis ten toon gestel. Dit het ’n dekoratiewe sowel as ’n funksionele doel en skep ’n leefwêreld wat baie na ’n driedimensionele skildery voel. Haar belangstelling in voorwerpe as bronmateriaal vir haar kunswerk lê egter nie in “direkte” vertolkings nie en illusionisme is nie haar doel nie. Vir haar gaan dit eerder om ’n verwerking van die werklikheid deur intens te kyk en te skilder. (Charlton 2007)

Roelof Temmingh

Die toekenning van 2006 se Helgaard Steyn-prys vir Komposisie was om twee redes merkwaardig. In die eerste plek was die prysgeld meer as R100 000, wat dit een van die grootste toekennings vir die kunste in Suid-Afrika maak. Tweedens is die vorige wenner vir Komposisie (in 2002), naamlik prof. Roelof Temmingh, ook in dié jaar as wenner aangewys.

Jan van der Merwe

“At present I work with artifacts of our time and attempt to transform them into archaeological remnants.”
“The installation becomes an indoor monument to the universal history of ordinary people, their politics and religion and their treasuring of valuables. Rust refers to the transient nature of everything, a return to original matter.” (Hundt ed. 2005)

Dan Sleigh

Sleigh het in 1974 met die digbundel, Duif oor water, gedebuteer. Daarna het hy boeke met ’n geskiedkundige agtergrond vir jongmense geskryf, soos Die buiteposte en Tussen twee vlae.

Cyril Coetzee

Coetzee is tans kurator vir Exact Imagination: 300 Years of Botanically Inspired Art in South Africa, wat aan die einde van 2014 in die Standard Bank-galery, Johannesburg geopen word.

Roelof Temmingh

Vroeë uitdagende komposisies kenmerk hom as ‘n enfant terrible van die destydse Suid-Afrikaanse musieklewe. Sedert die middel-tagtigerjare het meer gematigde en luisteraarsvriendelike werke ontstaan en die belang-riker komposisies verteenwoordig.

Willem Boshoff

Willem Boshoff skep in hoofsaak taal-/teksverwante kuns wat oor lang termyne voorberei word en in die vorm van groot installasies, visuele digkuns, konkrete digkuns en beeldhouwerk na ‘n maatskaplike konteks verwys. Hy gebruik hout, klip, objet trouve, gemengde media en ‘n verskeidenheid van grafiese media.

JC Kannemeyer

Kannemeyer het in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad, die Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Stellenbosch onderrig gegee. Hy was van 1982 tot 1987 professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand.