Stefans Grové

Ná sy terugkeer na Suid-Afrika, in 1972, het hy ‘n pos aan die Universiteit van Pretoria beklee. Grové se werkslys was omvangryk, en het feitlik alle bekende musiek-genres ingesluit. Ten tyde van sy dood, op 29 Mei 2014, het hy pas die eerste deel van ‘n concerto vir altviool en orkes voltooi.
Gert Swart

Swart woon en werk al twee dekades lank in Pietermaritzburg. Sy belangrikste uitstalling in dié tyd was Contemplation: a body of work by Gert Swart, in 1997.
Breyten Breytenbach

Breytenbach se werk sluit poësie, romans, toneelstukke en essays in, waarvan die meeste in Afrikaans is en ’n aantal oorspronklik in Engels gepubliseer is. Die meeste van sy boeke is in verskeie tale vertaal. Hy is ook bekend om sy skilderwerk en het uitstallings in Suid-Afrika en verskeie wêreldstede soos Amsterdam, Stockholm, Parys, Edinburgh en New York gehou.
Robert Hodgins

“Robert Hodgins het ‘n gestandaardiseerde styl vermy, hoewel sy werk vanweë sterk kleurgebruik, vloeiende skildertegniek en innoverende komposisies deeglik herkenbaar is.
Peter Klatzow

Klatzow se styl kan as grotendeels afhanklik van die Westerse Klassiek-Romantiese kanon beskou word, met moontlike spesifieke invloedsfere dié vanaf Brahms, Liszt, Ravel, Prokofjef, Copland, Messiaen en ander.
Jackson Hlungwani

Hlungwani was priester-beeldhouer en die charismatiese geestelike leier van ‘n groep navolgers van die African Zionist Church in Gazankulu.
John Miles

“Kroniek uit die doofpot is ’n meesleurende verhaal. Dis aangrypend, ontstellend en kan geen leser koud laat nie.” Joan Hambidge, Beeld (1991)
Nel Erasmus

Erasmus het sedert haar eerste solo-uitstalling in 1957 by die Lidchi-galery in Johannesburg al meer as dertig ander in al die groot sentra van Suid-Afrika gehou. Die jongste, Review; a retrospective exhibition, was in 2011/2012 by die SMAC Kunsgelary, Stellenbosch.
Roelof Temmingh

Die eerste Helgaard Steyn-prys vir Komposisie is in 1990 op Potchefstroom aan die Stellenbosse komponis dr. Roelof Temmingh toegeken. Hy het hierdie gesogte toekenning ook in 2002 vir die Duitse kantate op die Duitse koraalmelodie Wenn wir in höchsten Nöten sein, en in 2006 vir die omvangryke oratoriumwerk Kantorium ontvang. Albei die werke is in opdrag van die Evangelisch-Lutherische Kirche van die Pfalz in Duitsland geskryf.
David Brown

Die eerste Helgaard Steyn-prys vir Beeldhoukuns is in 1989 aan die Kaapstadse kunstenaar David Brown toegeken. Hy het dit ontvang vir Voyage II,
wat deur die beoordelaars aangewys is as die beste werk wat in die voorafgaande vier jaar in Suid-Afrika gelewer is.