Thenjiwe Niki Nkosi

THENJIWE NIKI NKOSI

Thenjiwe Niki Nkosi is gebore in New York in 1980. Sy was deel van ’n Suid-Afrikaanse gesin wat in ballingskap geleef het, en die kunstenaar se vroeëre lewe is gekenmerk deur die vergelykende werklikhede van rasseverhoudinge in Suid-Afrika en Amerika. Sy het grootgeword in Amerika, Harare (Zimbabwe) en in Johannesburg, waar sy tans woon.

Pauline Gutter

Pauline Gutter se verkose media is olies, houtskooltekening en video. Haar werk kan beskryf word as ‘n sigbare weergawe van strepe en kleur. (Van den Berg 2011)

Bronwen Findlay

Findlay geniet die verrassing om goed saam te voeg wat nie gewoonlik saam gesien word nie. Haar versameling word in haar huis ten toon gestel. Dit het ’n dekoratiewe sowel as ’n funksionele doel en skep ’n leefwêreld wat baie na ’n driedimensionele skildery voel. Haar belangstelling in voorwerpe as bronmateriaal vir haar kunswerk lê egter nie in “direkte” vertolkings nie en illusionisme is nie haar doel nie. Vir haar gaan dit eerder om ’n verwerking van die werklikheid deur intens te kyk en te skilder. (Charlton 2007)

Cyril Coetzee

Coetzee is tans kurator vir Exact Imagination: 300 Years of Botanically Inspired Art in South Africa, wat aan die einde van 2014 in die Standard Bank-galery, Johannesburg geopen word.

Robert Hodgins

“Robert Hodgins het ‘n gestandaardiseerde styl vermy, hoewel sy werk vanweë sterk kleurgebruik, vloeiende skildertegniek en innoverende komposisies deeglik herkenbaar is.

Nel Erasmus

Erasmus het sedert haar eerste solo-uitstalling in 1957 by die Lidchi-galery in Johannesburg al meer as dertig ander in al die groot sentra van Suid-Afrika gehou. Die jongste, Review; a retrospective exhibition, was in 2011/2012 by die SMAC Kunsgelary, Stellenbosch.

Pippa Skotnes

Die Kaapse kunstenares, Pippa Skotnes, was in 1987 die eerste wenner van ‘n Helgaard Steyn Toekenning vir haar portefeulje Lament/Klaagsang.
Dit is in 1985 as deel van ‘n portefeulje getiteld Shelter/Skuiling uitgegee.