“Dit is moelik om jouself in te dink dat iets soos hierdie toekenning bestaan. Dit is wonderlik, en ek is innig dankbaar. ‘n Toekenning soos hierdie kan ‘n deur-
slaggewende impak op ‘n kunstenaar se lewe en werk hê. Ek hoop om dit ten beste toe te pas”, het Botha gesê nadat hy op 26 November 2013 die Helgaard Steyn-prys in Bloemfontein ontvang het.
Botha, wat tans in Kommetjie woon, het in 1996 die graad B.A. (Visuele Kunste) aan die Universiteit van Pretoria verwerf en stal sedert 1995 gereeld plaaslik en internasionaal uit.
Uitstallings/werke
2003 Prints (2003) en Speculum (Kaapstad)
2004 Mnemonic Reconstruction
2005 Cold Fusion: Gods, heroes and martyrs (Kaapstad)
2005-6 A Premonition of War (rondreisende uitstalling)
2006-7 Calamity en Tête d’un homme op South African Art Now (Kaapstad)
2007 Rorschach (After Velázquez) op Afterlife (Kaapstad)
2007 Apocalagnosia (Kaapstad)
2007-8 Small God Vitrine op Summer 2007/8 (Kaapstad)
2008 New Works (Johannesburg)
2008 Generic Self-portrait as an Exile en Generic Self-portrait as a Heretic by Disguise (Kaapstad)
2009 Joburg Altarpiece & Amazing Things from Other Places (Kaapstad)
2011 Nuwe werk by Joburg Art Fair
2011 All This (Kaapstad)
2011-12 Fuse by What we talk about when we talk about love (Kaapstad)
2012 A Thousand Things (Johannesburg)
2013 Solipsis V (Sasol Kunsmuseum, Universiteit van Stellenbosch)
2013 Maquettes for Blastwave op The Loom of the Land (Johannesburg)
2013 Prism 8 op A Sculptural Premise (Kaapstad)
2014 Linear Perspectives (Kaapstad)
Sy werk is by die volgende internasionale groepuitstal-lings ingesluit: Imaginary Fact: South African Art and the Archive, die Suid-Afrikaanse Pawiljoen, 55ste Venesiese Biennale (2013); The Rainbow Nation, Museum Beelden aan Zee, Den Haag (2012); die Göteborg Biennial, Swede (2011); Memories of the Future: The Olbricht Collection, La Maison Rouge, Parys (2011); die 11e Triennale für Kleinplastik, Fellbach, Duitsland (2010); Peekaboo: Current South Africa, Tennis Palace Art Museum, Helsinki (2010); Olvida Quien Soy – Erase me from who I am, Centro Atlantico de Arte Moderno, Las Palmas de Gran Canaria (2006); die sewende uitgawe van Dak’Art, die Dakar Biennale (2006) en die rondreisende uitstalling Africa Remix (2004 – 2007).
Botha se werk is ook in 2014 by die rondreisende uitstalling The Divine Comedy, Museum für Moderne Kunst, Frankfurt, Duitsland ingesluit, en by Lichtspiele, Museum Biedermann, Donaueschingen, Duitsland. Hy het ook ‘n solo-uitstalling by die Standard Bank Nasionale Kunstefees, Grahamstad vertoon.
Vorige toekennings
2003 Die eerste Tollman-toekenning
2005 Standard Bank Jong Kunstenaar
Versamelings
ABSA Bank, Suid-Afrika; BHP Billiton, Australië; Gordon Schachat-versameling; Johannesburgse Kunsmuseum; Nedbank, Johannesburg; Universiteit van Johannesburg; Spier-versameling, Suid-Afrika; Sasol Kunsversameling, Johannesburg; South African Broadcasting Corporation; Suid-Afrikaanse Reserwebank; Standard Bank, Suid-Afrika; Universiteit van Pretoria.
Botha het die beeldegroep Blastwave, bestaande uit vier groot bome, in opdrag vir Nedbank se hoofkantoor (Fase 2 Foyer) in Sandton, Johannesburg voltooi. Die staalkonstruksies, met swart lakverniste merantihout beslaan, beeld die sikliese aard van ontwikkeling en verandering uit, onder meer met verwysing na Pierneef se akasiabome en die voormalige Britse premier Harold Macmillan se toespraak oor die “winde van verandering” in 1960.
Verskeie konseptuele oorwegings is in sy werk vasgelê, waarvan sommige met Suid-Afrika as ’n plek en ’n land verband hou, en ander met sy geskiedenis en erfenis. Die beoordelaarspaneel het Botha juis geprys vir sy konseptuele insig, veral van belang vir post-kolonialisme in Suid-Afrika, en sy uitmuntende tegniese vernuf.
Ander oorwegings handel oor die gebou self en die vloei wat die ontwerp daarvan teweegbring, benewens ’n sydelingse toespeling op een van die opdragwerke in fase 1 [die werk van Willem Boshoff, wat na windname in verhouding tot finansiële en markkragte verwys]. Sodoende is die gedagte van wind reeds in die hele gebou vasgevang.
Botha is bekend om sy bevraagtekening van simboliek verwant aan religie, magstrukture en geskiedenis, asook sy gebruik van diverse materiaal soos mieliemeel, boeke en houtskool.

Blastwave (2010), swart lakverniste merantihout oor ‘n staalstruktuur, h 650 – 800cm; w 300 – 450cm; d 400 – 550cm
NEDBANK Hoofkantoor, Sandton, Johannesburg
–
Foto’s met vergunning van STEVENSON, Kaapstad